Local newsNewsNews

Pofadder uit Vaalpark-woning gered

SASOLBURG. - Nooddienswerkers speel 'n lewensnoodsaaklike rol in enige streek, nie net omdat hulle altyd gereed is om lewens te red nie, maar ook omdat hulle bereid is om tydens ander noodsituasies bystand te lewer.

 

 

Verlede Donderdag (10 Junie) het Netcare 911 (Vaalpark Operations) se nooddienswerker en gekwalifiseerde slanghanteerder, Nick van der Walt, tot die redding van ‘n pofadder by ‘n woning in Vaalpark gekom. Die slang is veilig verwyder en weer in ‘n veilige area in die natuur weg van die mens en wonings vrygelaat.

Vaalweekblad wil namens die gemeenskap al die plaaslike nooddienswerkers bedank vir hul onbaatsugtige diens.

Plaaslike nooddienswerker en gekwalifiseerde slanghanteerder, Nick van der Walt, van Netcare 911 (Vaalpark Operations).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button