Vaalweekblad Bruid van die Jaar-kompetisie
Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie vir 2021 is amptelik oop!

Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie. Ons almal word geraak deur die Covid-19 pandemie, maar die liefde sal altyd bly staan.
Bruide kan dus hul inskrywings vir Vaalweekblad se opwindende kompetisie instuur. Die reëls is as volg:
• Die bruidsjaar strek vanaf Januarie tot Desember. Alle bruide wat dus van Januarie tot nou getroud is, kan solank inskryf.
• Gedurende hierdie tyd sal die deelnemers se foto’s op Vaalweekblad se webblad gepubliseer word.
• Bruide moet ‘n inskrywingsvorm voltooi en onderteken.
• Onderhoude sal met bruide gevoer word en daar sal steeds twee finaliste per maand gekies word wat in Vaalweekblad gepubliseer sal word.
• Daar sal nie ‘n stemproses wees nie.
• Bruide moet in die Vaaldriehoek woon.
• Geen korrespondensie sal na afloop van die onderhoude en die kompetisie gewissel word nie.
• Die beoordelaars se beslissing is finaal.
Inskrywing moet aan: pvanvuur@media24.com gestuur word.

