NationalNews

Beloning van R50 000 vir inligting oor moord op Peet

Alle inligting wat ontvang word, sal met die gepaste diskresie en vertroulikheid hanteer word

 

VANDERBIJLPARK. – Op 17 Maart vanjaar is ‘n werknemer van ArcelorMittal SA, mnr. Peet Snyders, in ‘n skietvoorval buite die Vanderbijlparkwerke doodgeskiet. Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD)  ondersoek die omstandighede rondom die voorval.

ArcelorMittal SA bied ‘n beloning van tot R50 000 aan vir enigeen wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van diegene wat vir die tragedie verantwoordelik was.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sersant Maloma van die SAPD, by 072 219 3540 kontak. Om in aanmerking vir die beloning te kom, moet mense wat inligting verskaf, bereid wees om hul besonderhede aan sersant Maloma te verskaf.

Die beloning sal slegs betaalbaar wees na ‘n suksesvolle skuldigbevinding, en SLEGS as dit bevestig is dat sodanige inligting tot die arrestasie en suksesvolle skuldigbevinding van die betrokkenes gelei het.

Alle inligting wat ontvang word, sal met die gepaste diskresie en vertroulikheid hanteer word om die veiligheid van getuies en verklikkers te verseker.

Wyle Peet Snyders, wat in Maart vanjaar in ‘n skietvoorval buite ArcelorMittal se Vanderbilparkwerke gesterf het

*****************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button