Local newsNewsNews

ERT vertonings tydelik gestop

ERT vertonings tydelik gestop, maar daar word reeds planne gemaak vir vertonings in die Lente.

SASOLBURG. – Die Etienne Rousseau Teater (ERT) het alle vertonings, insluitend byeenkomste van die ERT Fliek Klub, vir eers gestaak.

Herman van Niekerk het laat weet dat hulle nie onnodige risikos wil neem tydens die derde vlaag van die Covid-19 pandemie in Suid-Afrika nie.

Die ERT hoop om ‘n bekendstellingsgeleentheid van Prof. Clarke Scholtz, Jenny Scholtz en Hennie de Klerk se nuwe boek, Pollinators, Predators & Parasites (The ecological roles of insects in southern Africa) op Sondag, 22 Augustus te hou.

Hennie sal ook tydens die geleentheid ‘n bespreking oor insekte en hul ekologiese rol aanbied.

Die Italiaanse Trekklavierspeler, Pietro Roffi beoog om in die Lente by onder andere die ERT op te tree met sy vertoning, Piazolla, Vivaldi & more Baroque.

Kyk gerus na Roffi se uitvoering van Est Ovest by https://youtu.be/ndThb89n2fA.

Hopelik sal die ERT Fliek Klub ook weer na die winter kan hervat. Na vat verneem word is Out of Africa (1985) met Meryl Streep en Robert Redford eerste op die spyskaart. Vir meer inligting volg die facebookblad @ERTSasolburg.

Die foto op die ERT se Facebookblad wat die uitstel van alle vertonings aankondig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button