Local newsNewsNews

Onwettige Passasier speel gevaarlik speletjie

Hy ry nie net onwettig saam nie, maar waar is sy masker?

Hoeveel wette wil hierdie man nou oortree op een slag?

Lourika Botha sê hulle was vanoggend (18 Junie) op pad vanaf Vereeniging in die rigting van Sasolburg toe hulle die onwettige passasier gewaar het.

Die man het vir vir lewe en dood aan die leertjie vasgeklou en het kort-kort geloer of die bestuurder hom nie dalk opmerk nie.

Hulle het verby die vragmotor gery en dit was duidelik dat die bestuurder glad nie bewus was van sy passasier nie.

Dit het vir hulle gelyk of die bestuurder se aandag by sy selfoon was.

“Van vooraf kon jy glad nie sien dat daar iemand agter die trok is nie,” het sy gesê.

Die passasier het dalk gedink hy kry ‘n gratis rit, maar hy is besig met ‘n uiters gevaarlike speletjie wat tragiese gevolge kan inhou sou hy daar afval. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button