LifestyleNews

Besing jou pa en wen ‘n droomnaweek in Graskop – én ander pryse!

Die geskiedenis van Vandersdag-vieringe

Vadersdag word vandag, Sondag 20 Junie, gevier – ‘n dag ter ere van die vaders en mans in ons lewe.
Neem deel aan Vaalweekblad se Vadersdagwedstryd en vertel ons meer van jou pa of man. Dalk is jy (of hy) die wenner van ‘n onvergeetlike naweek vir twee in die Mulberry Lane Suites op Africa Silks Farm naby Graskop; ‘n heerlike uitstappie op Stonehaven se vlot; ‘n smaaklike ete by Dros óf ‘n geskenkbewys vir ‘n karwas!
Whatsapp net ‘n foto van jou en jou pa (of man) na 076 454 9256 en vertel ons in minder as 60 woorde waarom hy verdien om die wenner te wees.
As jou man of pa reeds oorlede is, kan jy steeds deelneem. Stuur vir ons sy foto en vertel ons watter soort man en pa hy was.
Die foto’s sal in Ster en Vaalweeblad se aanlyn publikasies gepubliseer word.
Die kompetisie sluit op Sondag 27 Junie en die wenner word in die uitgawes van Ster en Vaalweekblad van 7 Julie aangekondig.

Waarom huldig ons ons mans en pa’s op Vadersdag?

Vadersdag is ‘n dag wat nie net in Suid-Afrika nie maar ook in baie ander lande gevier word om vaders se positiewe invloed op hul gesinne en in die samelewing te huldig.
In Katolieke lande van Europa word Vadersdag sedert die Middeleeue op 19 Maart as Saint Joseph’s Dag gevier. (‘Saint Joseph’ was die wettige man van die Maagd Maria en volgens wet die vader van Jesus Christus).
Vadersdag word deesdae op verskillende datums regoor die wêreld herdenk, en verskillende streke het hul eie tradisies om vaders en gesinshoofde te vereer. In Westerse lande word die dag gewoonlik op die derde Sondag van Junie gevier.
Hoewel Vadersdag nie ‘n openbare vakansiedag in Suid-Afrika is nie, is dit ‘n erkende openbare vakansiedag in Litaue en sommige dele van Spanje, en tot in 1977 ook in Italië. Dit is ook steeds ‘n nasionale vakansiedag in Australië, Estland, Samoa en in Suid-Korea, waar dit as Ouersdag gevier word.

Geskiedenis van Vadersdag
Sover bekend, is die eerste Vadersdagviering op 5 Julie 1908 in Wes-Virginia in die VSA gehou. Dit is die eerste keer as ‘n kerkdiens by die Williams Memorial Methodist Episcopal Church South, nou bekend as Central United Methodist Church, gevier.
Daar word vertel dat Grace Golden Clayton dié diens aan die predikant voorgestel het om 361 mans wat die vorige winter in ‘n mynontploffing in die nabygeleë stad Monongah dood is, te huldig.
‘n Jaarlikse Vadersdagviering was glo ook die breinkind van Harry Meek, die president van Chicago se Lions Club in die vroeë 1900’s. Die Lions het die eerste Vadersdag in 1915 op die derde Sondag in Junie gevier, wat die naaste Sondag aan Meek se verjaardag was.
Nog ‘n sleutelfiguur in die totstandkoming van Vadersdag was mev. Sonora Smart Dodd. Sy het ‘n nasionale Vadersdag voorgestel om onder andere hulde te bring aan haar eie pa, die burgeroorlog-veteraan William Jackson Smart, wat sy ses kinders as enkelouer grootgemaak het. Mevrou Dodd het aanvanklik 5 Junie, die herdenking van haar pa se dood, as ‘n datum vir Vadersdag voorgestel, maar die meeste lande vier dit nou op die derde Sondag van Junie.

FOTO:s – Africa Silks Farm naby Graskop

 

*********************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button