
VANDERBIJLPARK. – Jarelange inwoners van Vanderbijlpark ken Blitz Pandwinkel (Blitz Pawn) al byna 50 jaar as ‘n vertroude sakeonderneming wat kliënte deur dik en dun bystaan. Die winkel is in 1973 deur wyle Piena Pelser begin en is 10 jaar gelede deur Wessel Enslin oorgekoop.
Wessel kom uit ‘n familie van sakemense, van wie verskeie in pandwinkels gespesialieer het. Wessel het dus van kleins af vertroud geraak met goeie sakebeginsels soos eerlikheid, outydse waardes en bogemiddelde kliëntediens.
Wessel sê dit het nou tyd geword vir verdere uitbreiding, dus word ‘n nuwe tak van Blitz Pawn nou in Edison-boulevard (langs Xtra Shoes) in Vanderbijlpark geopen.
Die ou winkel in Ericsonstraat (oorkant Einsteins) gaan nog steeds voortbestaan, maar die nuwe winkel gaan meer opsigtelik en makliker bereikbaar vir baie mense wees, sê Wessel.
“Wat ons anders maak as baie ander pandwinkels is dat Blitz Pawn nie deel van ‘n franchise is nie, daarom kan ons beter pryse en ‘n meer persoonlike diens aanbied. Ons het persoonlike verhoudings met ons kliënte en probeer altyd help waar ons kan,” sê hy.
Blitz Pawn se personeel gaan haal goedere by kliënte se huise met ‘n trokkie, en lewer teen ‘n ekstra fooi ook af, selfs in ander provinsies.
Blitz Pawn hou tweedehandse goedere aan, maar ook nuwe meubels en beddens waar jy groot hoeveelhede teen uitstekende pryse kan bestel vir bv. gastehuise of koshuise.
Blitz Pawn se dienste sluit in:
* Koop en verkoop gehalte tweedehandse meubels, yskaste, wasmasjiene, laptops, selfone en vele meer.
* Ons pand ook goedere teen billike rente
* Ons gaan haal jou goedere gratis wanneer jy iets pand of verkoop
* Ons pand ook voertuie, motorfietse en bakkies
Wat het jy nodig as jy iets by Blitz Pawn verpand of verkoop?
“‘n GELDIGE ID of paspoort word benodig wanneer ons by jou koop of pand. Ons doen alles in ons vermoë om seker te maak ons koop nie gesteelde goedere aan nie,” sê Wessel.
Daar is drie maniere hoe jy met Blitz Pawn kan kontak maak:
– Per Whatsapp
– Kom self na een van die twee winkels
– Kommunikeer met die behulpsame personeel op die Facebookblad: Blitz Pawn
Kontak besonderhede vir winkel 1: (Ou winkel)
Monitor gebou
Ericson straat
Oorkant Einsteins
016 933 9743
074 022 0351
Winkel 2 (Nuwe winkel)
Edison Blvd
Langs Xtra shoes
062 153 5425
Kom kyk na die groot verskeidenheid by Blitz Pawn. Hier is ‘n paar voorbeelde van winskopies wat jy tans hier kan kry:



***********************************************************************************************************
