Local newsNationalNewsNews

Voetganger dood in ongeluk op N1

’n Man in sy 40’s is Saterdagaand dood nadat hy deur ’n ligte motorvoertuig op die N1-snelweg getref is.

VANDERBIJLPARK. – Die ongeluk het omstreeks 21:22 naby die Vanderbijlpark-afrit op die snelweg gebeur.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het nooddienswerkers die man se liggaam langs die pad aangetref met die stilstaande voertuig ongeveer 200 meter daarvandaan.

Daar is vasgestel dat hy veelvuldige beserings opgedoen het en reeds aan die beserings beswyk het.

Hy is op die toneel dood verklaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button