LifestyleNews

Vadersdag: Mag God my man bewaar en omvou vir die res van sy lewe

Hierdie is een van die inskrywings vir Vaalweekblad en Ster se Vadersdagwedstryd. Die wenners word op 7 Julie 2021 aangekondig. Die pryse wat gewen kan word, is 'n naweek op die bosveldplaas, Africa Silks Farm; 'n Vlotvaart en ete van Stonehaven, 'n ete en karwas van Dros Vanderbijlpark, en 'n vleis-hamper van La Oma Slaghuis! Om in te skryf, stuur 'n foto en 'n paragraaf oor jou pa of man, sowel as jou naam teen 27 Junie 2021 na 076 454 9256

EK BID VIR HOM

Hy lyk sterk, maar onder al die lae is hy ook maar bang.

Dit lyk asof hy weet wat hy doen, maar daar is elke dag situasies buite sy beheer.

Hy sê alles is onder beheer, maar hy lê nagte wakker van bekommernis.

Hy sê niks pla nie, maar niemand het hom geleer om oor sy gevoelens te praat nie.

Die samelewing het hom geleer cowboys don’t cry, al huil sy hart …. 

Jou man fight battles waarvan niemand weet nie, en waaroor hy nooit sal praat nie. Maar bid vir hom.

Ek daag elke vrou uit om hierdie gebed te bid vir hulle eggenoot.

Mag God my man, Freek Ferreira  bewaar en omvou vir die res van sy lewe.

Amen

En dit is hoekom ek in my hartjie voel my man verdien om te wen want hy is n Pa uit n miljoen.

 

*******************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button