Local newsNationalNewsNews

Organisasie vir haweloses se ‘manna’ is op

Die organisasie Active Angels, wat bystand aan hawelose mense in die Vaaldriehoek bied, sê hul “manna pakkies” is op en het ’n beroep op lede van die publiek gedoen om te help sodat hulle nog kan aankoop.

VEREENIGING. – Die organisasie help hawelose mense met kos en warm klere.  

Volgens Magda Lourens, stigter en uitvoerende hoof van die organisasie, bevat dié “manna pakkies” nutriënte wat met water gemeng word.  

“Dit het als in wat mens nodig het en is baie voedsaam en gesond,” sê sy.

Die inhoud van die pakkie word met water gemeng. Foto: Verskaf

Een so ’n pakkie kos R20 en kan glo ’n gesin van 6 mense voed.  

Die pakkies kom in drie geure (hoender, beesvleis en kerriehoender) en word met 6 koppies water gemeng en dan teen ‘n lae temperatuur gaar gemaak vir 30 minute.

Elkeen van die pakkies kos R20, maar kan ‘n gesin van 6 voer. Foto: Verskaf

 Skakel Lourens by 083 782 4895, stuur ’n e-pos aan activeangelsnpo@gmail.com of besoek die nie-winsgewende organisasie se Facebook-blad om meer uit te vind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button