LifestyleNews

Ouma Leen op 96 jaar een van die Vaal se langslewende inwoners wat hier gebore is

Sy is een van die oudste mense wat as kind in Vereeniging grootgeword het.

Een van die langslewende mense wat in Vereeniging gebore is en in die Vaaldriehoek grootgeword het, mev. Magdalena Joziena Maria (Kruger) Blignaut, het verlede Vrydag haar 96ste verjaardag gevier.
Ouma Leen, soos haar familie haar noem, is op 18 Junie 1925 op die plaas van Hek Muller op Hekpoort naby Vaalfontein in die Vereenigingdistrik gebore.
Volgens haar seun, mnr. Fanie Blignaut van Vanderbijlpark, by wie sy die afgelope 25 woon, kan sy haar kinderjare en jonger dae in Vereeniging nog redelik goed onthou. Haar pa, wat as volwassene by verskeie boere in die Vereeniging-omgewing gewerk het, was maar 15 jaar oud toe die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het. “Hy was daar, maar wou nooit daaroor praat nie,” sê Fanie.
Ouma Leen is op 27 November 1942 met Paul Johannes Blignaut getroud, wat in 1978 oorlede is.
Van die vier Kruger-sibbe is dit nog net Ouma Leen en haar jongste broer van 94 wat oorgebly het. Haar oudste broer is in die laat 80’s oorlede en sy moes onlangs ook afskeid neem van haar oudste suster, wat verlede Saterdag op die ouderdom van 101 begrawe is.
Volgens Fanie is Ouma Leen se gesondheid nog redelik goed.
“Dis net haar knieë wat nie altyd wil saamwerk nie. Sy sit partykeer en hekel, maar sukkel bietjie want die oë en hande is ook nie altyd lekker nie. Sy is natuurlik nie die grootste voorstander van die inperking nie omdat sy nie saam met ons dorp toe kan gaan nie. Ons probeer maar om haar so veilig as moontlik tuis te hou,” sê Fanie.
Ouma Leen en haar man het drie seuns van hul eie gehad en een aangenome seun wat in 2006 oorlede is. Sy het agt kleinkinders en vyf agterkleinkinders. Die aangenome seun het vier kinders en vyf kleinkinders agtergelaat.
Ouma Leen se verjaardag is Vrydag saam met haar naaste familie rondom ‘n heerlike koek wat spesiaal vir die geleentheid gebak is, gevier.

Ouma Leen Blignaut, wat Vrydag haar 96ste verjaardag gevier het.

**********************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button