LifestyleNews

Vadersdagwedstryd: ‘Die een na wie ek nog altyd kon gaan vir raad en leiding’

Hierdie is een van die inskrywings vir Vaalweekblad en Ster se Vadersdagwedstryd. Die wenners word op 7 Julie 2021 aangekondig. Die pryse wat gewen kan word, is 'n naweek op die bosveldplaas, Africa Silks Farm; 'n Vlotvaart en ete van Stonehaven, 'n ete en karwas van Dros Vanderbijlpark, en 'n vleis-hamper van La Oma Slaghuis! Om in te skryf, stuur 'n foto en 'n paragraaf oor jou pa of man, sowel as jou naam teen 27 Junie 2021 na 076 454 9256

Wat beteken my pappa vir my. My hele lewe lank is hy die persoon na wie ek kan opkyk. Die een na wie ek kon gaan vir raad en leiding. Deur die foute en keuses wat ek in my lewe gemaak het, het hy nooit sy rug op my gedraai. Toe ek alleen-ouer was het my pappa ook die rol van vaderfiguur vertolk vir my dogters. Hy het nooit kwaad geword of gesê nie nou nie. Selfs vandag kan ek steeds pens en pootjies op sy 75-jarige ouderdom op sy skoot gaan sit en net met hom gesels. Ek kan nie in genoeg woorde se hoeveel my pa vir my beteken nie en kan nooit genoeg vir hom dankie sê nie. Selfs al is hy nie ‘n gesonde man  – met sy hart en na sy beroerte – het hy nog ‘n hart van goud en is altyd liefdevol en nog altyd daar. Dankie Pappa ( Kobus Naude).

Liefde, Adrie Myburgh

******************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button