Vadersdagwedstryd: Hy is die man wat nooit sy rug sal draai op sy vrou en kinders nie
Hierdie is een van die inskrywings vir Vaalweekblad en Ster se Vadersdagwedstryd. Die wenners word op 7 Julie 2021 aangekondig. Die pryse wat gewen kan word, is 'n naweek op die bosveldplaas, Africa Silks Farm; 'n Vlotvaart en ete van Stonehaven, 'n ete en karwas van Dros Vanderbijlpark, en 'n vleis-hamper van La Oma Slaghuis! Om in te skryf, stuur 'n foto en 'n paragraaf oor jou pa of man, sowel as jou naam teen 27 Junie 2021 na 076 454 9256

Wat is n PA? ‘n Pa is iemand wat omgee en ten alle tye sy liefde teen oor sy geliefdes toon. Hy inspireer sy kinders om die beste mense te wees wat hulle moontlik kan wees. ‘n Pa se liefde is soos geen ander, hy is altyd daar in tye van nood, hartseer en geluk. Hy is die man wat nooit sy rug sal draai op sy vrou en kinders nie. ‘n Pa is iemand wat opofferings maak vir sy familie en sy laaste asem sal uitblaas om sy familie te beskerm. My pa is iemand wat vir my sop bring as ek siek is. Die een wat skelm geld in my hand druk as mamma Nee gesê het. My pa is iemand wat altyd probeer om alles te doen en gee wat sy familie laat glimlag. My pa is die een wat deur dik en dun daar is. Ek wil net vir pappa sê ek is ongelooflik baie lief vir pappa en ek en die seuns kon nie vir n beter pa vra as vir pappa nie. Die een wat altyd daar is, reg om my te troos as ek geval het of my hart gebreek is (Tuane Kruger)
Dankie vir die pa wat pappa is. Dankie dat ek altyd pappa se Klein Prinses kan wees, maak nie saak hoe oud ek raak nie. Ek is lief vir pappa. (Wynand Kruger)

********************************************************************************************************
