VANDERBIJLPARK. – 27 April 2021 was ‘n besonderse dag vir Tannie Bessie Victor een van die Pioneer House se oudste inwoners.
Op die dag het sy haar agterkleinkind se baba vir die eerste maal ontmoet.
Wat die dag verder besonders gemaak het was dat vyf geslagte saam kon kuier en selfs ‘n foto kon neem.
Dit was Tannie Bessie wat in 1933 gebore is, haar dogter Elize (1961), kleindogter Elize (1982), agterkleindogter Jeoy (2000) en baba Mia-leigh wat op 19 April vanjaar gebore is.
Tannie Bessie woon al sedert 1969 in Vanderbijlpark en is al 23 jaar een van die Pioneer House se geliefde inwoners.
Sy is ook een van die breiers wat elke jaar help om vir minderbevoorregtes truie te brei.
