Deelnemers aan die Steps for Payton virtuele uitdaging waarmee fondse vir Payton Benson (7) 'n jong kankerlyer van Meyerton ingesamel word. Foto: Christiaan Cloete
VEREENIGING. – Die virtuele uitdaging waartydens atlete verskeie afstande draf, stap of fietsry, duur vandag (Saterdag 26 Junie) en more (Sondag 27 Junie).
Twee atlete van die Vaal Atletiekklub neem Saterdag aan die Steps for Payton virtuele uitdaging deel. Foto: Christiaan Cloete
Dit dien as ‘n fondsinsameling vir Payton Benson (7), ‘n leerling van Laerskool Midvaal, wie se lewe handomkeer verander het nadat sy ‘n paar weke gelede met Leukemie gediagnoseer is.
Die 7-jarige Payton Benson, kort nadat sy met leukemie gediagnoseer is.
Payton se ouers Bernard en Heidi Benson se mediese fonds dek ongelukkig nie al Payton se uitgawes nie en verskeie fondsinsamelings word beplan om die gesin by te staan.
Atlete van die Meyerton Atletiekklub vertrek Saterdagoggend in oranje geklee vanaf die Pick n Pay in Golfpark vir Payton Benson (7). Foto: Christiaan Cloete
Een van hierdie uitdagings is die “Two Day Virtual Run – Steps for Payton” waar ‘n inskryffooi van R50 gehef word om geld vir Payton in te samel.
Atlete van die Meyerton Atletiekklub Saterdagoggend in oranje geklee vir Payton Benson (7). Foto: Christiaan CloeteDeelnemers aan die Steps for Payton-uitdaging draf vroegoggend deur Risiville se strate. Foto: Christiaan Cloete
Deelnemers aan die uitdaging neem Saterdag 26 Junie en Sondag 27 Junie aan ‘n virtuele stap, draf of fietsry van 5km, 10km of 25km deel.
Dit val ook saam met die pragtige graad 2-leering van Laerskool Midvaal se verjaarsdag op Sondag 27 Junie.
Payton is reeds besig met haar derde rondte chemoterapie by die Wits Donald Gordon Hospitaal in Johannesburg