Daar word verwag dat President Cyril Ramaphosa moreaand (Sondag 27 Junie 2021) gaan aankondig dat Suid-Afrka na ‘n strenger vlak van inperking moet beweeg. Daar is vandag bekend gemaak dat President Ramaphosa die nasie more-aand om 20H00 sal toespreek.
Gauteng is tans ‘n Covid-brandpunt met infeksies wat by die dag kommerwekkend styg. Daar word verwag dat die regering dringende stappe gaan doen om fisiese en sosiale kontak tussen mense tot die minimum te beperk in ‘n poging om die verspreiding van die virus te verminder, veral omdat die meer aansteeklike Delta-variant nou ook sy opwagting in Suid-Afrika gemaak het.
Vaalweekblad sal na moreaand se toespraak verdere inligting oor enige nuwe besluite op ons Facebook-profiele verskaf.

**********************************************************************************************************
