
Verskeie geleenthede is vroeër die maand by Vaaldriehoekse skole gehou om Jeugweek te vier. Die Hoërskool Driehoek se leerlinge het Donderdag, 17 Junie, besluit om gedurende pouse bymekaar te kom om vir Vanderbijlpark en sy mense te bid. Daar was ook gebede vir mnr. Kallie Schultz, wat nog herstel nadat hy Covid-19 opgedoen het. Sy vrou, Renette, wat ook aan die skool verbonde was, het vroeër die maand aan die siekte gesterf. Op die foto is ‘n groep van Driehoek se leerlinge tydens die gebedskring op die skool se sportterrein.

***********************************************************************************************************
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!