Local newsNewsNews

Kalwers ná kaping gevind

Die AfriForum-buurtwag in Heidelberg het op 24 Junie omstreeks 22:00 inligting ontvang dat kalwers verlate op die N3-snelweg tussen Grootvlei en die De Hoek-tolhek gevind is. Sommige van die kalwers was steeds op ’n sleepwa, terwyl ander langs die pad en in die veld langs die snelweg gevind is. 

Die eienaar van die sleepwa is in Polokwane opgespoor en sy het die buurtwag in kennis gestel dat sy die kalwers by ’n plaaslike boer gekoop het. Haar drywer, wat sy al vroeër die dag terug verwag het, het egter nooit opgedaag nie.

Daar was geen teken van die drywer nie en hy het nie sy selfoon beantwoord nie. Buurtwaglede en die Heidelberg SAPD het gevolglik ’n soektog na die vermiste silwer Toyota Hilux en die drywer van stapel gestuur. Die voertuig is laaste op die R550 naby die Suikerbosrand Natuurreservaat gesien, maar het ongelukkig nie ’n opsporingstelsel bevat nie.

Die kalwers is oornag in veilige bewaring gehou totdat die eienaar hulle kon afhaal. Ná ’n lang soektog is die drywer uiteindelik Vrydagoggend gevind. Hy kon daarin slaag om na die naaste polisiestasie te stap nadat hy gekaap en ernstig aangerand is.

“Ek wil graag die buurtwaglede en ander rolspelers bedank vir hulle tyd en deursettingsvermoë wat hierdie operasie suksesvol gemaak het,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Die kalwers wat in die sleepwa op die snelweg gevind is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button