Local newsNationalNewsNews

Wagte om “ysterghwano”-stormlopers te keer

VEREENIGING. - Die metaalreus ArcelorMittal Suid-Afrika het gesê hy gaan bykomende sekuriteitswagte by sy perseel tussen Staalweg, die Kliprivier en Houtkopweg in Vereeniging plaas om te verhoed dat mense staalstawe en ysterghwano (in Engels bekend as “slag”) opgrawe en wegdra.

VEREENIGING. – Vaalweekblad het verlede week aanlyn berig dat daar die afgelope paar weke ‘n toename in mense was wat ysterghwano van die perseel in Duncanville af wegdra, terwyl daar selfs sprake is van mense wat staalstawe daar gevind het.

Die perseel het glo voorheen aan USCO behoort en is nou in ArcelorMittal se besit.

Die maatskappy doen tans rehabilitasie van die grond. Ysterghwano (ook bekend as metaalskuim) is ’n steenagtige newe produk van die smeltingsproses en lê glo in die grond op die perseel begrawe.

Soos ’n leser verduidelik het is hierdie ysterghwano niks meer as onsuiwerhede wat in smeltkroes (of smeltbak) bo dryf wanneer die materiaal verhit word nie.

Die ysterghwano of metaalskuim word afgeskep en weggestort terwyl die suiwer staal onder in die vorm gegiet word. Talle mense het bevestig dat dit feitlik geen waarde het nie.

Kenners is dit eens dat die ysterghwano nie veel waarde het nie. Foto: Verskaf

Daar is wel sprake van mense wat staalstawe op die werf gevind het, wat hulle van plan was om by ’n skrootwerf te verkoop.

Tydens Vaalweekblad se besoek aan die perseel het ons gemerk dat die heinings rondom die perseel geknip is en dat mense stukke ysterghwano in sakke plaas en van die perseel af wegdra.

Die staalreus het bevestig dat die perseel- bekend as die Vereeniging Klip Stortingsterrein (“Disposal Site”) wel aan ArcelorMittal Suid-Afrika behoort en dat die maatskappy tans besig is om die grond te rehabiliteer soos deur die departement van minerale hulbronne vereis word.

Tracey Peterson van Aprio Strategic Communication het namens ArcelorMittal Suid-Afrika laat weet dat die rehabilitasieproses in ’n gevorderde stadium is.

“Die maatskappy is bewus van mense wat probeer om onwettig die perseel te betree en het twee bykomende sekuriteitswagte aangestel om betreders van die perseel af te hou en om toe te sien dat streng veiligheids- en sekurititsmaatreëls in plek is.

Vaalweekblad het vroeër vanjaar berig hoe metaaldiewe ’n perseel van die die metaalreus langs Generaal Hertzogweg stukkie vir stukkie afgebreek en weggedra het.

Die maatskappy moes toe ook hulle sekuriteit verskerp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button