Local newsNewsNews

Vaal loop deur onder veldbrande

VANDERBIJLPARK. - Die Vaaldriehoek het die afgelope week onder verskeie brande en veldbrande deurgeloop.

Veldbrande kom gewoonlik meer voor in die laat winter en vroeë lente. Dus kan daar nog meer veldbrande vir die Vaal voorlê.

Hier is so paar reëls en regulasies rondom vure en veldbrande. Volgens wet moet grondeienaars waar daar moontlik ‘n brand kan ontstaan en na ander gebiede versprei, brandbestrydingtoerusting aanhou.

As ‘n eienaar of ‘n persoon in beheer van grond nie redelike stappe doen om die brand te blus of te beperk nie, kan hy aan ‘n misdryf skuldig bevind word.

‘n Veldbrand het Saterdagaand verwoesting gesaai onder die reuse bome in die veld by die Kruising van die Dood in Vanderbijlpark. Foto: Elsje Vermeulen

Wat sê die Wet oor die aansteek van vure?

Die Wet praat van ‘n “vuur aansteek, of gebruik, of aan die gang hou” en dit gaan dus om ‘n persoon wat gemoeid is met vuur, al het hy nie self die vuur begin nie.

Dit is ‘n misdryf:

as ‘n persoon ‘n vuur in die ope lug alleen laat voordat dit geblus is;

as ‘n persoon met ‘n vuur gemoeid is wat versprei en skade aanrig;

as ‘n persoon in die ope lug met ‘n vuurhoutjie (wat hy/sy byvoorbeeld laat val) of ander brandende materiaal ‘n brand veroorsaak wat versprei en besering of skade meebring;

as ‘n persoon in ‘n padreserwe ‘n vuur aansteek, gebruik of aan die gang hou behalwe by ‘n aangeduide vuurmaakplek of vir die maak van ‘n brandstrook; en as ‘n persoon in die ope lug rook waar rook verbode is.

Hierdie misdrywe is strafbaar met ‘n boete of tronkstraf, of albei.

  • Inligtingbron: Graan SA

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button