Local newsNewsSchools

Van muskiet verdriet tot besige bytjies

Die graad 3 leerders van Vaalpark Primêr het uitgehang met hul mobiele-eenhede verlede week wat die lewenssiklusse van insekte moes uitbeeld.

VAALPARK. – Die graad 3 leerders van Vaalpark Primêre Skool het verlede week die kans gehad om hul kreatiwiteit en verbeelding vrye teuels te gee.

Elkeen het die opdrag gekry om ‘n mobiele-eenheid te maak wat die lewenssiklus van ‘n insek uitbeeld.

Hierdie eenhede moes van herwinbare materiaal gemaak word.

Niel Venter se “muskiet verdriet” het die aandag getrek en menige een laat glimlag.

Die volwasse muskiet se uiteinde was die vlieëplak!

Die jongklomp het met interessante idees vorendag gekom. 

‘n Verskeidenheid van muskiete, bye, besies, sywurms, sprinkane en naaldekokers is uit alle soorte materiaal opgetoor.

Daar was onder andere ‘n papierbord-liewenheersbesie ook bekend as ‘n skilpadbesie en ‘n lewensgetroue uitbeelding van die lewenssiklus van ‘n Hottentotsgot.

Saam was dit ‘n kleurvolle en vrolike versameling waarop elkeen duidelik baie trots was.

“Die leerders het die lewenssiklus van verskeie insekte kreatief uitgebeeld. Hulle het ons aangenaam verras met hulle “uit die boks”-idees,” het die skool op hul Facebookblad laat weet.     

Vir meer foto’s besoek gerus die skool se Facebookblad by @vaalparkprimaryschool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button