Local newsNationalNewsNews

KYK: Man met rooi baret slinger beskuldigings van rassisme in winkel rond

Wat ’n doodgewone roetine besoek aan die plaaslike supermark sou wees het vroeër die week vir baie inkopiegangers in ’n sirkus ontaard toe ’n man met ’n rooi baret ten aanskoue van die publiek op inkopiegangers gegil en beskuldigings van rassisme rondgeslinger het.

VEREENIGING. – Die voorval, wat op ’n selfoonvideo vasgevang is, maak tans opslae op sosiale media en het blykbaar Maandag 28 Junie by die Euro Superspar in Generaal Hertzogweg gebeur.

Op die video kan mens sien hoe die man ’n inkopieganger as ’n rassis uitkryt en dan vir die man vra “who are you?”.

Die inkopieganger vra dan vir die man met die rooi baret dieselfde vraag: “Who are you?”

Hoewel Vaalweekblad meer probeer uitvind het oor presies wat gebeur het is besonderhede rondom die voorval  skraps.

’n Werknemer van die Euro Superspar het wel die voorval bevestig maar laat weet dat die winkel dit as onbenullig beskou.

Die bestuurder het laat weet dat hulle nie meer van die voorval wil maak as wat dit was nie en wou om daardie rede nie kommentaar lewer nie.

Navrae is ook aan die EFF gerig aangesien die party, wat dikwels na verwys word as die “rooi barette”, bekend is vir hul kenmerkende rooi hooftooisels.

Vaalweekblad het die video aan Itani Mukwevho, waarnemende voorsitter van die EFF se provinsiale beheerspan gestuur en hom gevra of enige iemand by die EFF die man ken.

Terugvoer is nog nie ontvang nie.

*Vaalweekblad kan moontlik die storie opdateer of andersins opvolg indien meer info ontvang word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button