‘n Padblokkade is vanaf vanoggend op die R57 ingestel (dit is die pad oor die Vaalrivier tussen Vanderbijlpark en Sasolburg). Die padblokkade was egter net vir motoriste wat van Sasolburg se kant af na Vanderbijlpark wou ry.
‘n Padblokkade is intussen ook opgestel by die klein brug by Stonehaven. Dit klink asof die klein brug tydelik toegemaak gaan word.
Dit is in hierdie stadium nog onduidelik of ‘n blokkade vir motoriste wat vanaf Vanderbijlpark na Sasolburg wil ry, ook ingestel gaan word.
Wees maar voorbereid en sorg dat julle permitte het as julle vir werksdoeleindes tusssen die twee dorpe moet ry.

********************************************************************************************************
