Local newsNewsNews

Strenger maatreëls by Pioneer House ingestel.

Die Pioneer House probeer om te midde van die Covid-pandemie, die maskers en sosiale afstand, steeds 'n gesellige atmosfeer te handhaaf waar elke inwoner tuis voel.

VANDERBIJLPARK. – Te midde van die derde vlaag van die Covid-19 pandemie het die Pioneer House laat weet dit gaan nog goed.

Hulle het strenger maatreëls in plek om te verseker dat almal gesond bly.

Daar word seker gemaak dat almal die voorgeskrewe afstand hou, maskers dra en gereeld hul hande ontsmet.

Selfs die pop het ‘n masker op. Alles om mense te herinner om hul maskers te dra. Foto: Verskaf

Op 29 Junie het die Pioneer House op hul Facebookblad aangekondig dat geen persoon van buite meer op die perseel toegelaat sal word nie en dat inwoners slegs vir noodsaaklikhede mag uitgaan.

“Ons doen dit slegs vir hul veiligheid en gesondheid want ons is lief vir hulle soos vir ons eie familie. Ons gaan nog steeds sorg as iemand vir hul medikasie, kos of bederfies bring hul dit kry, maar ons gaan dat hul net tot in die ingangsportaal kom waar ons dit sal ontvang en seker sal maak dat hul dit sal kry,” het daar onder andere gestaan.

Behalwe vir die ontsmettingsmiddels by die hek en deure, word almal van die sekuriteitswag tot by die inwoners van bottels met ontsmettingsmiddel voorsien.

Sonja van Rhyn sê hulle is gelukkig om ‘n borg te hê wat elke maand twee groot kanne ontsmettingsmiddel aan die tehuis voorsien.

“Die inwoners weet hulle kan hul leë bottels bring om weer volgemaak te word.”

Sy sê hulle probeer om steeds ‘n relatief normale roetine te behou.

Die inwoners kan steeds kuier, maar hul moet maskers ophou en die sosiale afstand handhaaf.

Die tannies hekel en brei ook nog saam in die oggende.

“Ek herinner die inwoners gereeld dat dit ‘n masker is wat oor die mond en neus moet kom, en nie ‘n serp wat om die nek gedra word nie,” lag Sonja.

Sy self maak ook elke dag ‘n draai by elke inwoner se kamer om seker te maak hulle is okay en het niks nodig nie.

Een van die inwoners, Marie Fourie, nadat sy haar inenting ontvang het. Foto: Verskaf

Van die personeel en ‘n groot groep inwoners het ook al hul inentings ontvang.

Sonja sê: “’n Span van die Johan Heyns kliniek het spesiaal een oggend ons besoek om die inentings te doen.

“Hulle was baie vriendelik en professioneel. Nie al die inwoners was al geregistreer nie, maar hulle het geduldig elkeen gehelp om te registreer en vorms in te vul.

“Daar het ook heelwat meer mense opgedaag as wat gesê het hulle gaan, maar dit het nie die susters onverhoeds gevang nie. Hulle het meer as genoeg voorraad saamgebring.”  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button