Local newsNewsNews
Valies geniet eetplek se ‘inry’ in Vaalpark
VAALPARK. - Daar was gisteraand so te midde die pandemie tog vrolikheid te bespeur toe die gewilde plaaslike restaurant en kuierplek, The bar with no name, sy kliënte met 'n gratis fliek (inry) bederf het terwyl daar lekker wegneemetes bedien is in die parkeerarea. Valies kon dus die samesyn, lekker kos én 'n fliek in die veiligheid van hul eie motors geniet.
“Dit was ons eerste inry en dit was ‘n groot sukses. Daar het ‘n goeie atmosfeer geheers en almal het dit baie geniet,” vertel Gert Janse van Rensburg, eienaar van die The bar with no name.
Weens die sukses van die inry gistergaand, gaan daar vanaand weer so gemaak word. Die nuwe Lion King lokettreffer gaan wys en die fliek begin om 18:00.
Die inry is gratis en daar sal kelners wees indien mense kos en koeldrank of heerlike melkskommels wil bestel.
Alle Covid-19 reëls sal gevolg word. Daar sal ook ‘n faktuur aan besoekers uitgereik word vir die padblokkade.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
