Local newsNewsNews

Rotary Klub van Vanderbijlpark onder Top 10 klubs

Die nuwe bestuur vir die Rotary Klub van Vanderbijlpark is onlangs aangekondig.

VANDERBIJLPARK. – Wêreldwyd begin ‘n nuwe jaar vir die Rotariërs op 1 Julie.

Dan word daar nabetraging gehou oor die jaar wat verby is en elke klub se nuwe bestuur word bekendgestel.

Die Rotary Klub van Vanderbijlpark het ‘n besonderse suksesvolle jaar agter die rug onder leiding van die vorige president Sonja Gilliland.

Die klub is aangewys as een van die Top 10 uit 74 klubs in Rotary District 9400.

Foto: Verskaf

Hierdie jaar gaan hul voortbou op die goeie werk onder leiding van President Celeste Lance.

Die res van Rotary Klub van Vanderbijlpark se bestuur bestaan uit Sonja Gilliland (visepresident), Adri Roos (sekretaresse), Carol Claase (tesourier), Alan Claase (Rotary Foundation), Jackie van Waveren (lidmaatskap), Jeanette Steyn Nortjé (gemeenskapsdiens), Rita Benecke (spesiale projekte), Petro Bester (skakelwerk), Mike Fraser (IT), Willie Biggs (jeugdienste) en Paula du Preez (fondsinsameling).

Die inhuldiging van die nuwe klub president het tydens ‘n zoom vergadering plaasgevind. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button