Local newsNewsNews

Substasie in ligte laaie

VANDERBIJLPARK . – Die omvang van die skade wat deur ‘n ontploffing aan die Vanderbijlpark Munic Substasie aangerig is sal eers more-oggend bepaal kan word. ‘n 30mva Transformator by die substasie by die Tshepiso informele nedersetting het net na 19:00 vannaand ontplof en bolle rook het oor die gebied gehang. Brandbestryders het net na 20:45 …

VANDERBIJLPARK . – Die omvang van die skade wat deur ‘n ontploffing aan die Vanderbijlpark Munic Substasie aangerig is sal eers more-oggend bepaal kan word.

‘n 30mva Transformator by die substasie by die Tshepiso informele nedersetting het net na 19:00 vannaand ontplof en bolle rook het oor die gebied gehang.

Die Vanderbijlpark Munic substasie in ligte laaie nadat ‘n 30mva transformator ontplof het. Foto: Ettienne van Rensburg

Brandbestryders het net na 20:45 op die toneel aangekom en begin spook om die brand te blus. Dié substasie is die hooftoevoer van Eskom aan Vanderbijlpark en die hele dorp is tans sonder elektrisiteit.

Dit is die soveelste substasie wat die afgelope jaar in Vanderbijlpark ontplof het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button