Local newsNationalNewsNews

Inwoners van laekoste-behuisingskema ly onder gebrekkige instandhouding

Riool wat opstoot, waterlekke wat nie reggemaak word nie, geboue wat kraak en die gevaar staan om in mekaar te tuimel, vullis wat nie gereeld verwyder word nie. Dit is maar 'n paar van die probleme wat inwoners van 'n laekoste-behuisingskema in Duncanville mee worstel.

VEREENIGING. – Volgens Elize Aucamp, ‘n raadslid vir Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, is die gebrek aan instandhouding die onderliggende probleem weermee die 60 arm gesinne van die Sonhof Woonstelle mee worstel. 

Die woonstelblok in Springboklaan behoort aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit en word deur die munisipaliteit se departement vir fasiliteite bestuur, maar talle mense voel dat meer gedoen kan word om die plek te onderhou.

Sonhof Woonstelle in Duncanville, Vereeniging. Foto: Christiaan Cloete

Waterlekke wat nie reggemaak word nie het glo oor ‘n lang tydeperk die fondasie van die gebou verswak en die boonste vloere van meeste van die vleuels van die woonstelgebou is glo reeds onveilig verklaar.

Een van talle waterlekke by die Sonhof Woonstelle in Duncanville. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Aucamp gaan die eienaarskap van die woonstelkompleks oor die lange duur aan die inwoners self oorgedra word.

‘n Oorvol vullisdrom by Sonhof Woonstelle in Duncanville. Foto: Christiaan Cloete

Die oomblik as jy besit neem van die gebou – of die woonstel – is jy self verantwoordelik vir al die instandhouding. ‘n Mens kan nie van hierdie inwoners verwag om te red wat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit nie eers kan red in hierdie stadium nie,” meen Aucamp.

Talle van die woonstelle op die boonste vloere staan leeg omdat dit onveilig verklaar is. Foto: Christiaan Cloete

Sy het aangedui dat sy ‘n skrywe aan die Gautengse LUR vir behuising gaan rig oor die kwessie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button