Local newsNewsNews

Koue kan AfriForum Sasolburg nie keer nie

Die koue winter kon nie die AfriForum-tak in Sasolburg se geesdrif demp om ’n verskil in hulle dorp te maak nie.  

In Vaalpark is 53 straatligte se gloeilampe vervang en in sekere gevalle het ’n elektrisiën gehelp om foutiewe bedrading te herstel. Straatligte is van kardinale belang vir veiligheid, beide ten opsigte van misdaadvoorkoming sowel as vir padveiligheid.

Die gras in die groenstroke in Snyman- en Jan Smutsstraat is gesny sodat dit vir die res van die winter veilig en netjies is. In Vaalpark is Bloukrans getakel en by Lumierskool is daar skoongemaak en die voetoorgang is geverf.

Alhoewel die tak in Mei tweede geëindig het in AfriForum se landswye slaggatkompetisie het hulle nie daar opgehou nie. Daarna is nog 25 sakke teer in Pentzstraat en Oliviershoekweg gebruik om slaggate te vul.

Volgens Johan Cooks, die voorsitter van AfriForum se Sasolburg-tak, was en is dit geen geringe taak om die “mooi” in ons dorp terug te bring en te onderhou nie, daarom nooi hy almal uit wat deel van die opbouproses wil wees om hom te skakel by 083 230 9073.

“AfriForum se Sasolburg-tak is deurlopend besig met projekte om hulle dorp te verbeter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier. “Hierdie tak het sedert die begin van die jaar 65 ha gras in die dorp gesny om te help om die dorp netjies te hou.”

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

Jan Meiring van die AfriForum-tak in Sasolburg.
AfriForum besig met nog herstelwerk.
Slaggate is ook reggemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button