Local newsNewsNews
Nog ‘n Puk-student sterf in motorongeluk
‘n Grusame ongeluk het Woensdag (7 Julie) die lewe van ‘n NWU-student geëis.
‘Kobus Reinecke (20), se Nissan-200 bakkie het onder ‘n vragmotor beland. Hy was ‘n derde jaar biochemiestudent wat by die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus studeer het.
ER24 het bevestig dat die ongeluk op die N12-hoofweg ongeveer 12 km buite Potchefstroom naby die Lekwena-ingang plaasgevind het.
Dit is die derde Puk-student wat binne twee weke in ‘n motorongeluk sterf. Verlede week het Potchefstroom Herald berig van twee studente Johann (Bishops) Müller (20) en Vuyokaze Dlamini (19), wat Saterdag (26 Junie) van hulle koshuise na hul ouerhuise oppad was toe hulle verlongeluk het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
