
Só leeg het niemand van ons seker nog die Vaalrivier gesien nie!
Hierdie foto’s van die Vaalrivier is gisteroggend, 9 Julie 2021, in die omgewing van die Vaaldamwal geneem nadat alle uitlaatkleppe van die wal tydelik gesluit is en die rivier sowat 16 km stroom-af drooggelê kon word om ‘n lekkende gaspyp van Sasol te herstel.
Dit is in hierdie stadium onbekend of al die werk suksesvol afgehandel kon word. Vaalweekblad wag op Sasol se opdatering en sal mettertyd terugvoer gee.
Die werk aan die gaspyplyn was noodsaaklik nadat ‘n “borrelende fontein” sedert verlede Vrydag in die rivier waargeneem is. Dit het uiteindelik geblyk dat dit ‘n gaspyplyn van Sasol was wat gelek het.
Sasol het in ‘n vorige mediaverklaring gesê dat die situasie deurgaans fyn dopgehou is om seker te maak dat dit geen gevaar vir mens, dier of die waterlewe inhou nie.
Nog foto’s van die leë rivier soos dit gister onder die Vaaldamwal gelyk het:

Lees die vorige berig by hierdie skakel:
*******************************************************************************************************************************
