NewsNews

Betogers ruk op na bottelstoor

VANDERBIJPARK.- Die bottelstoor geleë in die College Park sentrum op die hoek van Theo Wassenaar en Col Gordon str in SE7, het vroeër vanmiddag amper onder plunderaars deurgeloop. Daar is tans ‘n sterk teenwoordigheid van gewapende reaksie in die omgewing en die publiek word aangeraai om vir eers dié area te vermy. As voorsorgmaatreël het …

VANDERBIJPARK.- Die bottelstoor geleë in die College Park sentrum op die hoek van Theo Wassenaar en Col Gordon str in SE7, het vroeër vanmiddag amper onder plunderaars deurgeloop. Daar is tans ‘n sterk teenwoordigheid van gewapende reaksie in die omgewing en die publiek word aangeraai om vir eers dié area te vermy. As voorsorgmaatreël het motorhandelaars rondom die Palms Mall hulle voertuie van die vloer getrek en binne die Palms se parkeerarea gaan parkeer. 

Vaalweekblad kan ook bevestig dat die geplunderde ABSA video wat op sosiale media die rondte doen nie die tak in Vanderbijlpark is nie, soos wat daar in verskeie kommentare beweer word. Op hierdie stadium is daar geen aktiewe protesaksie in die Vaaldriehoek nie.
 
Ons maan ook die publiek om nie vals inligting te versprei nie. Maak eers seker dat die inligting wat jy wil deel wel bevestig is. Waak teen ou video’s, foto’s, of stemopnames wat tans weer die rondte doen.

 

Polisie en reaksie-eenhede van verskeie veiligheidsmaatskappy het vanmiddag gekeer dat betogers winkels in SE7 plunder. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button