Local newsNationalNewsNews

Winkels sluit in Vereeniging se middestad te midde van landwye onluste

Talle ondernemings in Vereeniging se middestad het glo as voorsorgmaatreël gesluit te midde van landwye onluste en plundering van winkels wat tans wydverspreid voorkom.

Hoewel die situasie tans kalm is maak mense hulle gereed vir die ergste.

Daar heers tans ‘n atmosfeer van vrees en videos van onluste regoor die land stroom in op WhatsApp groepe.

Volgens ‘n winkeleienaar by die Riversquare-winkelsentrum in Drie Riviere is huurders aangeraai om te sluit en die sentrum te ontruim as voorsrgmaatreël.

Sharne Smit, bemarkingsbestuurder by Riversquare, het namens die sentrum bestuur gesê:

“Weens onluste wat regoor die land uitbreek het ons as voorsorgmaatreël besluit om River Square-winkelsentrum te sluit, en alle huurders is aangemoedig om handel met onmiddellike effek te staak.

“Bykomende sekuriteits- en oproerbeheer is op bystand indien ons deur die onrus geraak word. In die geval dat ons enige bedreiging vir die gebou ervaar.

“Vir nou sal die sluiting van vandag, 12 Julie 2021, geld en die situasie sal op ‘n dag-tot-dag basis gemonitor word. Die veiligheid van ons kliënte en huurders is vir ons van kardinale belang, en verdere sluitings sal via ons sosialemediablaaie gekommunikeer word.

“Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word.”

*Is jy in die middestad? Hoe lyk die situasie tans by jou. Vertel ons. Stuur gerus jou videos vir ons.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button