BusinessNews

Freshlinq Vaal gou weer oop na rooftog tydens onrus by besighede

Niemand is beseer nie, en danksy die polisie en private sekuriteitsdienste se vinnige optrede, kon die deure vandag weer oopgemaak word.

 

VANDERBIJLPARK. – Freshlinq Vaal Fresh Produce Market het vroeg gisteroggend (Maandag 12 Julie 2021) te midde van dreigende oproer in Vanderbijlpark, boonop ‘n rooftog beleef.
Die varsproduktemark op die hoek van Muirstraat en Edisonboulevard in Vanderbijlpark se ligte nywerheidsgebied, kon darem teen vanoggend 09:30 weer hul deure vir die publiek oopmaak.
“Baie dankie aan die plaaslike polisie en private sekuriteitsmaatskappye vir hul vinnige reaksie, wat die mark in staat gestel het om so gou weer te open,” sê Freshlinq Vaal.
Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie.
“Veiligheidsmaatreëls is verskerp om te verseker dat ons kliënte, produsente en werknemers ‘n veilige en aangename Freshlinq-ervaring het.”

 

***************************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button