Local newsNationalNewsNews
Gemeenskap moet saamstaan teen plundery meen Baloyi
Die uitvoerende burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdl. Bongani Baloy, het gemeenskappe geloof wat standpunt inneem teen die grootskaalse plundery en anargie wat tans landwyd voorkom, veral in KwaZulu/Natal en Gauteng.
MIDVAAL. – In ‘n video wat op sosiale media versprei word vra Baloyi mense om aan te hou om saam te werk om infrastruktuur en ondernemings te beskerm.
“As ons mense toelaat om te doen wat hulle wil in ons omgewing en ons infrastruktuur vernietig, is dit uiteindelik die inwoners van Midvaal wat die swaarste gaan kry.”
“Toegang tot werke en gesondheidsorg sal geaffekteer word.”
“Ons as die gemeenskap staan sterk,” het Baloyi in die video gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
