Gespanne atmosfeer heers in V’niging
SEDIBENG. – Gerugte dat daar plundering in Vereeniging se sakesentrum en Vanderbijlpark plaasvind is onwaar. Die SAPD by monde van kaptein Fikile Funda het bevestig dat die Taxi Vereniging en ander instansies in Vereeniging saamstaan om te voorkom dat daar enige oproerigheid kan opvlam. Christiaan Cloete, redakteur van Ster Noord en verlaggewer van Vaalweekblad is …
SEDIBENG. – Gerugte dat daar plundering in Vereeniging se sakesentrum en Vanderbijlpark plaasvind is onwaar.
Die SAPD by monde van kaptein Fikile Funda het bevestig dat die Taxi Vereniging en ander instansies in Vereeniging saamstaan om te voorkom dat daar enige oproerigheid kan opvlam.
Christiaan Cloete, redakteur van Ster Noord en verlaggewer van Vaalweekblad is tans by Markpark in Vereeniging waar daar ‘n massabyeenkoms is van mense wat die polisie wil bystaan.
Hy berig dat die polisie in Mark straat ‘n groot groep mense verjaag.
In Vanderbijlpark ry ‘n ‘anti-looting’ konvooi rond om solidariteit teen geen plundery te toon. – Hierdie is ‘n vinnig ontwikkelende storie en sal opgedateer word soos bevestigde inligting ontvang word.



