NewsNews

Vaal staan saam teen plundery

VANDERBIJLPARK. –  Op 14 Julie het die Vaaldriehoek met een stem ‘n duidelike boodskap aan booswigte en oproeriges gestuur dat enige verdere plundery nie in die Vaaldriehoek geduld sal word nie. In Vereeniging en Vanderbijlpark het taxi-bestuurders en lede van die publiek voor River Square en Vaal Mall laer getrek. ‘n Konvooi teen plundery het …

VANDERBIJLPARK. –  Op 14 Julie het die Vaaldriehoek met een stem ‘n duidelike boodskap aan booswigte en oproeriges gestuur dat enige verdere plundery nie in die Vaaldriehoek geduld sal word nie.
In Vereeniging en Vanderbijlpark het taxi-bestuurders en lede van die publiek voor River Square en Vaal Mall laer getrek.
‘n Konvooi teen plundery het in Vanderbijlpark rondgery en ‘n duidelike booskap aan potensiale plunderaars gestuur.
In die Vereeniging se sakekern naby Mark Park het ‘n groot groep mense ook saamgedrom om enige vorm van onrus te stuit.
Sebokeng was gister egter nie so gelukkig nie met Shoprite Sebokeng Plaza en Mandela Square wat erg deurgeloop het onder plunderaars en vandale.

In Boipatong het besorge lede van die gemeenskap ook voor Supermarkte stelling ingeneem om booswigte af te skrik.

In Vaalpark kan die inwoners vanaand ook rustig slaap, omdat die groep Staan Saam Vaalpark/Sasolburg ingange na dié woonbuurt met ‘n valkoog dophou.

Nee vir plundery! Lede van die gemeenskap maak hulle ‘stem’ dik by die ingang van Vaal Mall in Vanderbijlpark.

Plunderaars wees gewaarsku by Vaalpark gaan julle kom moeilikheid maak nie. Die ingange rondom Vaalpark word swaar beman deur die gemeenskap.

Gemeenskapslede het voor Bra Todd’s Market in Boipatong op die hoek van Thaka Banna laan en Maloti straat stelling ingeneem om potensiële vandale en plunderaars af te skrik.
Gemeenskapslede het voor Bra Todd’s Market in Boipatong op die hoek van Thaka Banna laan en Maloti straat stelling ingeneem om potensiële vandale en plunderaars af te skrik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button