Besigheid in Vaal gaan voort te midde van landwye onrus
Ten spyte van landwye anargie en plundery was talle winkels in die Vaaldriehoek sedert Woensdag (14 Julie 2021) oop vir besigheid.
Vaalweekblad het Woensdagoggend (14 Julie 2021) die strate ingevaar om te sien hoe dit by winkelsentrums gaan. Hier is wat ons gevind het:
RIVER SQUARE SHOPPING CENTRE:
Die winkelsentrum is oop maar verskeie van die ingange is gesluit. Hier en daar was daar ‘n winkel wat toe was.


RIVER WALK SHOPPING CENTRE:
Die sentrum was op Woensdag 14 Julie 2021 weer op vir besigheid.

MAKRO EN PRESIDENT HYPER:
Beide President Square en Makro was Woensdag 14 Julie oop vir besigheid. Dit was opmerklik hoeveel gewapende wagte sigbaar was, veral by die hekke van President Hyper.

VAAL MALL:
Meeste van die winkels was teen Woensdag 14 Julie 2021 oop, met die uitsondering van ‘n paar winkels. Talle ingange was gesluit met lemmetjiesdraad wat voor die ingange gespan was. Daar was heelwat gewapende wagte op die perseel.


*Hoe gaan dit by die ander winkelsentrums en winkels? Laat ons weet in die kommentaar.
