LifestyleNewsNews

Francois van HS Overvaal sing en dans die wêreld warm!

Terwyl die meeste mense wag vir beter dae, woeker ander met hul talente...

VEREENIGING. – Terwyl die meeste mense wag vir beter dae, woeker ander met hul talente…

Die talentvolle Francois Jenkins (14) van Hoërskool Overvaal, laat hom nie deur die inperking stuit nie. Hy het Suid-Afrika onlangs ondanks die inperking in twee afsonderlike internasionale virtuele talentwedstryde verteenwoordig, waar hy uitstekend gevaar het.

Die eerste kompetisie was die World Line Dance Masters, waaraan meer as 18 lande deelgeneem het. Francois moes drie verskillende danse doen en het met ‘n algehele tweede plek weggestap.

In die tweede kompetisie, Talent Africa se Stars of the Universe, kon hy sy sangtalent toon en Suid-Afrika as een van 26 deelnemende lande verteenwoordig. Die wedstryd is deur Pole en Ierland aangebied.

Vir sy Vokale Pop-lied het Francois ‘n derde plek behaal, en vir sy Vokale Rock-nommer, ‘n Elvis-lied, het hy tweede geëindig.

Francois bedank sy afrigters, Zoë Koen (dans) en Venessa van der Merwe (sang) vir hul groot rol in sy sukses, en sê ook dankie aan Talent Africa vir die geleentheid om te kon deelneem. 

 

Francois Jenkins, talentvolle leerling van die Hoërskool Overvaal.

*********************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button