NationalNews

‘Verbod op verkoop van petrol en diesel in kanne kan rampspoedig wees’

Politieke partye bekommerd oor gevolge van die besluit

 

Die regering het gister aangekondig dat die verkoop van petroleumprodukte in draagbare houers in die kleinhandel verbied word. Die besluit word van krag sodra dit in die Staatskoerant gepubliseer is.
Politieke partye het intussen hul kommer oor die besluit uitgespreek.

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Minerale hulpbronne en energie, sê die VF Plus begryp die noodsaaklikheid daarvan om paniekaankope van brandstof te voorkom en dat dit die rede is waarom petrol en diesel nie in kanne verkoop mag word nie.
“Nogtans is die party onder die indruk dat die minister nie alle implikasies van die besluit in ag geneem het nie,” sê hy.
“In landelike gebiede waar vissery, landbou en bosbou die hart-aar van die ekonomie is, gebruik mense petrol- en dieseltoerusting vir hul alledaagse werk. Plase word met motorfietse gepatrolleer, petrolaangedrewe visserskuite is noodsaaklik en veral in tradisionele gebiede word water met petrol- of dieselaangedrewe pompe voorsien.”
Die VF Plus het met die departement in gesprek getree om op die negatiewe gevolge van die besluit te wys. “Dit is uiters belangrik dat die minister die onvoorsiene gevolge van die verbod in ag neem en dat maniere gevind word om dit teen te werk,” sê Boshoff.

Die Demokratiese Alliansies sê hy het ook met kommer kennis geneem van die besluit om die verkoop van petroleumprodukte in draagbare houers te verbied.
Kevin Mileham, die DA se skaduminister van minerale hulpbronne en energie, sê in ‘n mediaverklaring die DA het begrip vir die redes agter minister Gwede Mantashe se besluit – naamlik om te voorkom dat mense brandstof opgaar en om te verhoed dat dit vir brandstigting gebruik word, maar dat dit ‘n omvattende impak op die landbougemeenskap en inwoners gaan hê wat van kragopwekkers en brandstof-aangedrewe gereedskap afhankllik is.

Talle Facebook-gebruikers het die besluit om brandstof-aankope in houers te verbied, sedert gister veroordeel en as belaglik afgemaak. Mense is veral bekommerd dat Suid-Afrika binnekort weer beurtkrag gaan kry en dat hulle dan letterlik in die duister gaan wees as hulle nie brandstof vir hul kragopwekkers in draagbare houers sal mag koop nie.
Die besluit het intussen tot grappe soos dié op Facebook gelei.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button