Local newsNationalNewsNews

Covid-19 eis bekende sakeman se vrou

Die vrou van die welbekende sakeman Mac van der Merwe, Marietjie van der Merwe, is Woensdag (21/7/2021 ) aan Covid-19 oorlede.

VEREENIGING. – Mac skryf op sy Facebook-blad: “Wanneer God sy mooiste blomme kom pluk is dit ‘n liefdesdaad groter as wat ons kan besef.

Marietjie van der Merwe. Foto: Facebook

Marietjie se heengaan ruk ons maar haar lewe sal vir altyd met ons wees.

Sy het stil in haar bed gesterf met ‘n ongelooflike rustigheid op haar gesiggie.

Ek wou haar nog ‘n bietjie by my hou….wou nog meer liefde aan haar bewys.”

Volgens Mac is sy vrou die afgelope sewe jaar gesukkel met haar gesondheid en minstens 32 operasies ondergaan.

Marietjie het die laaste paar jaar gesukkel met haar gesondheid. Sy is Woensdag aan Covid-19 oorlede. Foto: Facebook

Sy is Woensdag aan Covid-19 oorlede. Mense sal Mac onthou as een van die vorige eienaars van die Riviera Hotel.

Hy het in die 2000’s die 123 hektaar Zorgvliet-wynlandgoed in die Banhoek Vallei naby Stellenbosch gekoop nadat hy die President Steyn-goudmyn verkoop het.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en sal opgedateer of opgevolg word sodra ons meer inligting het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button