Local newsNationalNewsNews

Mense sing en bid buite Mediclinic Vereeniging

Die geluid van ramshorings en mense wat sing en bid het Woensdagaand deur die middestad en rondom die Mediclinic Vereeniging Privaat Hospitaal weergalm.

VEREENIGING. – Volgens Kobus Dippenaar, evangelis by AGS Doxa Theos gemeente in Riversdal, het verskeie kerke van die omgewing en lede van die gemeenskap aan die bidsessie deelgeneem.

Daar is gebid vir mense wat tans deur Covid-19 geraak word en vir gesondheidsorgwerkers wat tans onder erge druk verkeer.

Lede van die gemeenskap bid met kerse in die hand voor Mediclinic Vereeniging. Skermskoot: Christiaan Cloete
‘n Vrou swaai vlae rond tydens ‘n bidsessie Woensdagaand by Mediclinic Vereeniging. Skermskoot: Christiaan Cloete
‘n Man bid Woensdagaand buite Mediclinic Vereeniging. Skermskoot: Christiaan Cloete
Evangelis Kobus Dippenaar bid Woensdagaand vir Covid-19 pasiënte te midde van die verwoestende derde vlaag van Covid-19. Skermskoot: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button