Local newsNationalNewsNews

Fladderende nagdier van naderby bekyk

Die Gevlekte Ooruil is een van die mees algemene uilspesies in Suider-Afrika en word dikwels ook in bewoonde gebiede soos die Vaaldriehoek aangetref waar hulle in die nabyheid van die mens bly.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) kom hierdie roofvoëls in verskeidenheid habitatte voor en dikwels ook in die nabyheid van mense in stede of in dorpe.

Die uile word as mediumgrootte roofvoëls beskou en volwasse uile kan tot 43–47 cm groot word, met ‘n vlerkspan van omtrent 1 m en kan tot 700 g weeg.

Een van die mees kenmerkende eienskappe van die Gevlekte Ooruil is die prominente verepluise aan weerskante van die kop wat dikwels soos ‘horings’ voorkom en hul helder geel oë.

Die ‘horings’ mag dalk nie hul gehoor verbeter nie, maar kan die uile help om ’n potensiële maat te vind.

Die mannetjies is effens groter as die wyfies. Volgens SANBI is die Gevlekte Ooruil ‘n nagdier wat bedags in bome of tussen rotse sal slaap.

Teen sonsondergang vlieg hierdie uile gewoonlik na ‘n hoë uitkykpunt om te jag.

Vanaf die hoë uitkykpunt skandeer hulle dan die grond vir beweging. In die natuur verkies hulle rotsagtige riwwe om die landskap te beskou, maar in stedelike gebiede werk telefoonpale, straatligte, mure en skoorstene net so goed.

‘n Gevlekte ooruil sit teen skemer op ‘n lamppaal en hou die omgewing onder hom dop. Jou kanse om ‘n gevlekte ooruil teen skemer te sien is aansienlik beter as in die dag. Foto: Christiaan Cloete

Gedurende die dag maak hierdie goed gekamoefleerde uile hulself so onopsigtelik as moontlik, maar rondom skemer hoor en sien mens hulle makliker.

Die prooi word gevang as die uil naasteby geruisloos van sy sitplek sweef – hulle vere is spesiaal aangepas om byna geruisloos te kan vlieg – maar hulle sal ook op die grond rondloop om prooi te vang.

Die soort kos wat die uile eet hang af van hul habitat maar hulle is redelik aanpasbaar in terme van dieet.

Die Gevlekte Ooruil vang krieke, besies, klein soogdiere soos muise, rotte, eekhorings en klein voëltjies. Paddas, akkedisse en slange word dikwels ook geëet.

Die gevlekte ooruil lewe van krieke, besies, klein soogdiere soos muise, rotte, eekhorings en klein voëltjies. Paddas, akkedisse en slange word dikwels ook geëet.. Foto: Christiaan Cloete

Hierdie voëls bereik na bykans ‘n jaar ‘n volwasse ouderdom en kan glo tussen 11 en 12 jaar lank lewe.

* Volgens die groep Raptors Are the Solution (RATS) kan uile duisende rotte in ‘n jaar se tyd vang en eet.

Die groep, wat die publiek inlig rondom die gevare van rotgif en die nadelige uitwerking daarvan op die voedselketting, waarsku gereeld mense om nie rotgif te gebruik nie aangesien dit die uile kan vergiftig indien hulle rotte of muise eet wat die gif in het.

Bronne: * https://www.sanbi.org/ * https://af.wikipedia.org * www.raptorsarethesolution.org/ * Dankie ook aan Ian Luyt van die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe vir sy insette.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button