LifestyleNationalNews

Hou terug jul trane – hy speel trekklavier vir sy siek vrou voor die hospitaal

Man vra dat sy vrou se hospitaalvenster oopgemaak word sodat sy hom kan hoor

Vaalweekblad en Ster se susterskoerant, Mossel Bay Advertiser, het die trane behoorlik laat vloei nadat hulle eergister ‘n berig geplaas het oor ‘n man wat voor die Life Bayview Hospitaal in Mosselbaai vir sy siek vrou kom trekklavier speel het.

(Die man is advokaat Lukas du Preez (66) vir wie dit baie moeilik is om van sy geliefde vrou, Marinda (64) geskei te wees terwyl sy vrou siek is).

Sy vrou word tans in die Covid-saal van die privaathospitaal behandel. Omdat Covid-pasiënte nie besoekers mag ontvang nie, het hy besluit om “Hoe Groot is U” en andere bekende liedere buite die hospitaal vir haar op sy trekklavier te speel.

Hy het gevra dat haar hospitaalvenster oopgemaak moes word sodat sy hom kon hoor en kan weet dat sy in sy hart en gedagtes is. Lees die oorspronklike berig en kyk die video by hierdie skakel:

https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/trekklavierspeler-bring-hoop-aan-siekes-202107210324

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button