LifestyleNews

Skryf jul kleingoed in vir Baba- en Kleuterwedstryd 2021

Die borge van vanjaar se Vaalweekblad en Ster Baba- en Kleuterwedstryd is Chilli PicNic, IFM 102.2, Autocare Carwash & Valet, 3@1 by Die Palms-winkelsentrum, River Square, Vaal Mall, Stonehaven-on-Vaal en Swimkids.

Vaalweekblad het reeds ‘n hele klompie inskrywings vir vanjaar se Baba- en Kleuterwedstryd ontvang en ons gaan binnekort begin om die eerste foto’s te publiseer!Inskrywings het op 1 Julie geopen en ouers kan hul kleingoed nog tot 30 September inskryf. Die ouderdomsgroep wat ingeskryf kan word, is pasgebore babas tot kleuters van 6 jaar.Hoe gouer ‘n deelnemer ingeskryf word, hoe gouer sal sy of haar foto in Vaalweekblad verskyn.

Daar is twee maniere om in te skryf:

  1. Stuur ‘n foto van jou seuntjie of dogtertjie na nickychillipicnic@gmail.com, of WhatsApp dit na 083 744 7711. Die inskrywingsgeld is R80. Onthou om jou kind se naam, van en ouderdom te verskaf. Bankbesonderhede vir die inbetaling van die R80 sal aan ouers verskaf word wanneer ons jul foto kry.

2. Jy kan ‘n pragtige ateljeefoto van jou kleinding deur Chilli PicNic laat neem teen R100. Jou kind word dan sonder verdere koste outomaties vir die wedstryd ingeskryf. Die ateljeefoto’s sal gedurende Augustus en September geneem word.

Elke deelnemertjie se foto gaan in Vaalweekblad verskyn.

Verskeie pryse is op die spel vir die algehele wenner sowel as vir elke kategoriewenner.

 

Die borge van vanjaar se Vaalweekblad en Ster Baba- en Kleuterwedstryd is Chilli PicNic, IFM 102.2, Autocare Carwash & Valet, 3@1 by Die Palms-winkelsentrum, River Square, Vaal Mall, Stonehaven-on-Vaal en Swimkids.

* Meer inligting is by 083 744 7711 beskikbaar.

Wilandré Smith is een van die oulike kleingoed wat aan verlede jaar se wedstryd deelgeneem het

*********************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button