Local newsNationalNewsNews
Verkiesing dalk na aanstaande jaar uitgestel
Die Verkiesingskommissie (OVK) gaan die hof nader om die plaaslike regeringsverkiesing tot volgende jaar uit te stel.
Die verkiesing sou op 27 Oktober plaasvind, maar oud-adjunkhoofregter Dikgang Moseneke het vroeër die week aanbeveel dat dit weens Covid-19 uitgestel moet word.
Glen Mashinini, OVK se voorsitter, sê die besluit om die hof te nader geneem op grond van Moseneke se verslag.
Die verslag is met behulp van insette van die publiek, politieke partye, wetenskaplikes en verkiesingskenners saamgestel.
Daar is glo voorgestel dat die OVK die hof vra om die verkiesing tot nie later as Februarie 2022 uit te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
