Local newsNationalNewsNews

Man met reusagtige gewas reageer goed op medikasie

Die familie van Bennie de Lange (65) van Kookrus, wat ’n reusagtige kankergewas op sy wang het, sê Bennie reageer tot dusver baie goed op medikasie wat vir hom voorsgeskryf is deur ’n plaaslike dokter.

MEYERTON. – Bennie wag glo om ’n operasie by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal in Soweto te ondergaan sodat hulle die kwaadaardige gewas kan verwyder, maar daar is glo nie op die oomblik plek vir hom nie nie aangesien die hospital tans oorvol is met al die COVID-19 gevalle.

Volgens Bennie se dogter, Michelle, het weldoeners verlede week gehelp om ’n afspraak vir haar pa dr. Stephanus Engelbrecht, ’n plaaslike geneesheer in Meyerton, te reël.

Die anti-inflammatoriese en anti-bakteriële middels wat vir hom voorgeskryf is het volgens Michelle klaar ’n beduidende verskil gemaak en haar pa voel al klaar baie beter.

Bennie, soos hy geluk het voordat hy anti-inflammatoriese en anti-bakteriële middels geneem het. Foto: Verskaf

Op ’n foto wat sy aangestuur het kan mens ook duidelik sien hoe die swelsel gesak het.

Michelle sê hulle wil baie graag met die medikasie voortgaan tot haar pa na die hospitaal kan gaan sodat die kanker verwyder kan word.

Die familie se fondse is egter beperk omdat Bennie weens sy toestand nie meer in staat is om te werk nie.

Bennie se probleme het ongeveer ’n jaar gelede begin toe hy ’n klein kolletjie op sy vel ontdek het wat soos ’n swartkoppie gelyk het. Nadat hy aan die kolletjie gedruk het, het dit aanhou groei en groei.

Vandag is dit seer en erg pynlik. Bennie is nie eers meer in staat om te eet nie en moet nou sy voedsel met behulp van ’n strooitjie inneem.

Bennie hoop om binnekort die gewas te laat uitsny. Foto: Verskaf

Michelle het Helplift Meyerton bedank vir hul bystand. Die organisasie het glo reeds aangedui dat hulle sal help betaal vir Bennie se volgende konsultasie. “As ons fondse inkry sal ons vir die voorskrif medikasie kan betaal,” sê sy.

Mense wat in staat is om te help kan Michelle by 062 065 0809 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button