Local newsNationalNewsNews

Brandfort na “Winnie Mandela” hernoem

Die Vrystaatse dorp “Brandfort” is nou amptelik na “Winnie Mandela” hernoem.

BRANDFORT. – In die regeringsgazette van 6 Augustus staan daar dat die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthetwa, amptelik die geografiese naam van Brandfort na “Winnie Mandela” hernoem het.

 
Brandfort in die Vrystaat.

Winnie Madikizela-Mandela, vrou van die struggleheld Nelson Mandela, is op 16  Mei 1977 na dié dorp verban.

Sy het vir jare lank saam met haar jongste dogter Zinzi by huis 802 in Brandfort gebly.

Winnie Madikizela-Mandela, destydse vrou van die struggleheld Nelson Mandela. Foto: www.sahistory.org.za

Sy was baie ongelukkig daar. Daar was nie lopende water of elektrisiteit nie en die huis het glo nie vloere of ‘n dak gehad nie.

Winnie was baie alleen in Brandfort en het nie lekker daar ingeskakel nie omdat die mense van Brandfort meestal Sotho, Tswana of Afrikaans gepraat het en nie baie goed Xhosa (winnie se huistaal) kon praat nie.

Dit is nou amptelik.

Winnie is op 2 April 2018 oorlede.

Bron: sahistory.org.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button