Local newsNationalNewsNews

AfriForum se Sasolburg-tak vul meer as 100 slaggate in Julie

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Julie 2021 meer as 100 slaggate gevul.

Altesaam drie slaggate in Arnotstraat, 55 in Gamsberg- en Prinsbergstraat en 63 in Eros- en Roggeveldstraat is deur die loop van die maand herstel. Die tak het 62 sakke teer gebruik om die slaggate te vul.

Die AfriForum-buurtwag in Sasolburg het tydens die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng 100 voertuie gemobiliseer om die dorp te beveilig. Die tak het ook noodvoorrade ingesamel vir mense in KwaZulu-Natal om ’n bydrae te lewer aan diegene wat in nood verkeer het. 

Noodvoorraad vir die mense van KwaZulu/Natal. Foto: Verskaf

 

“Sasolburg se AfriForum-tak is net nooit ledig nie. Baie dankie vir die onbaatsugtige werk wat julle doen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

 

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button