Local newsNationalNewsNews

Sakeman en werkers maak oprit langs R59 skoon

'n Sakeman van Meyerton en sy werkers het Vrydag (6 Augustus) rommel langs die R59 opgetel.

Mens sien al hoe meer dikwels hoe inwoners en sakelui sélf moue oprol en hul dorp en die omgewing rondom hulle skoonmaak.

Op die oggend van Vrydag 6 Augustus het Danie Ebersöhn, die eienaar van Pesttech in Meyerton en sowat ’n dosyn werkers die veld rondom die Meyerstraat-oprit, langs die R59 skoon gemaak.

Danie Ebersöhn, eienaar van Pesttech, tel rommel langs die R59 op. Foto: Christiaan Cloete

Hulle het tussen 07:30 en 08:15 gewerskaf om so veel as moontlik rommel langs die pad op te tel.

Die veld was besaai met bottels, blikkies, babadoeke, plastieksakke, COVID-19-maskers en allerlei rommel wat vermoedelik deur motoriste uit verbygaande voertuie gegooi is.

Werkers maak langs die R59 skoon. Foto: Christiaan Cloete

Daar was ook parte van motorvoertuie wat sommer daar agtergebly het ná ongelukke.

Ebersöhn sê: “Mense wat in Meyerton bly gebruik daagliks hierdie oprit om op die hoofpad (R59) te klim. Dit lyk sleg hier. ’n Mens wil nie eers meer op die hoofpad klim nie.”

Volgens Ebersöhn het elkeen van die werkers omtrent een en ’n halwe sak vol rommel tydens die skoonmaakaksie opgetel.

‘n Werknemer van Pesttech tel rommel langs die R59 op. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button